Ons Gemeente se Geskiedenis

Die gebied suid-wes van Pretoria was destyds deel van die Gereformeerde Kerk Voortrekkerhoogte (nou ontbind). In die begin van 1973 was Eldoraigne (geen van die uitbreidings het toe bestaan nie) reeds vol gebou en was Wierdapark al baie sterk op dreef. Met die oog op hierdie ontwikkelings het die Gereformeerde Kerk Voortrekkerhoogte reeds 3 erwe, nommers 34, 35 en 36 in Wierdapark aangekoop met die oog op toekomstige uitbreiding.

Vroeg in 1973 is daar op die Finansile Kommissie melding gemaak dat die tyd dalk ryp is om oor afstigting te praat. Op daardie tydstip was daar reeds sowat 200 lidmate wat suid van die Hennopsrivier gewoon het. Die voorstel was nie baie gewild nie en in die daaropvolgende vergaderings was dinge maar ontstuimig. Nogtans is die aangeleentheid met volharding deurgevoer.

Op Sondag 21 Oktober 1973 het afstigting plaasgevind. Onder die voorsitterskap van ds. Dirkie van der Walt het die kerkraad en gemeente van die Gereformeerde Kerk Voortrekkerhoogte vergader. Aan die kerkraadslede wat die eerste kerkraad van Wierdapark sou vorm, is ontslag uit die amp deur die Gereformeerde Kerk Voortrekkerhoogte gegee net om direk weer as kerkraadslede van die nuutgestigte Gereformeerde Kerk Wierdapark bevestig te word.

Die gemeente ontvang n bruidskat van R18 000 en die 3 erwe in Wierdapark ter waarde van R18 000, maar waarop R8 000 nog verskuldig was. Die begroting wat met die afstigting voorgel is, was R14 200, waarvan R8 700 vir die predikant begroot is. Die kerkraad vergader in die volgende week en op 28 Oktober word ds. Loutjie van der Vyver as eerste predikant beroep. Hy het die beroep aangeneem en is eers op 20 Januarie 1974 deur prof. J. J. van der Walt bevestig, aangesien hy as weermagkapelaan, 3 maande kennis moes gee.

Die nuwe gemeente het bestaan uit 216 belydende en 163 dooplidmate, hoofsaaklik inwoners van Eldoraigne en Wierdapark. Dit was nogal n hele proses om al die lidmate op te spoor omdat hierdie woongebiede nog nie straatname en nommers gehad het nie. Veral in Wierdapark het kronkelpaaie sommer deur die veld geloop.

Daar is voorlopig gerel om saam met die Gereformeerde Kerk Voortrekkerhoogte dienste te hou tot einde Desember 1973 waarna Wierdapark n ander plek sou vind. Op daardie stadium was br. Joep van Dyk hoof van Horskool Voortrekkerhoogte en het hy ingestem dat Wierdapark die skoolsaal kan gebruik.


Oprigting van die kerkgebou
Daar is dadelik begin met n kerkboufonds en die susters het n projek aangepak om fondse vir die aankoop van n orrel in te samel. Op 30 Junie 1974 het die gemeente n reuse boufonds van R4 018 byeen gehad. Wyle Koos Smal het n deel van sy hoewe in Irelandlaan aan die Hervormde Kerk geskenk en so het die erf waarop die Geref. Kerk Wierdapark staan, beskikbaar geraak. Deur n ruiltransaksie met die hulp van br. Nic van Rensburg is die 3 erwe in Wierdapark vir die kerkerf by die Hervormde Kerk oorgeneem. Met n betaalde kerkerf en R12 000 kontant in die gemeente se besit, kon die bou van n eie kerkgebou ernstig oorweeg word.

Vroeg in 1975 is besluit om met die relings vir die bou van n kerkgebou te begin. Daar is besef dat n duur en luukse gebou bo die vermo van die nuwe gemeente sou wees. n Boukommissie is aangewys. Roos en Boshof Argitekte, wat ook die Gereformeerde Kerk Meyerspark ontwerp het, is genader om sketsplanne op te stel. Daar is kopgekrap, gesukkel en besluit. Eindelik is die planne goedgekeur en deur die kerkraad aanvaar. Die tenders wat ingewin is, het gewissel tussen R145 000 en R270 000 met n klousule wat voorsiening gemaak het vir n styging in boukoste en dit oor n beraamde boutydperk van 20 maande.

Aansoek is gedoen vir n lening by beide Saambou en Allied bougenootskappe. Slegs Allied was bereid om n lening van R70 000 toe te staan. Die eerste beraming van die boukoste was R91 400, sonder die banke, en die beraamde prys van n orrel was R16 000. Die 20 maande-boutydperk, was eerder n boustryd met baie lief en leed. n Boukontrakteur, wat op koste plus 8% sou bou, is aangewys, maar die kontrak met hom is kort na sy aanstelling beindig weens kontrakbreuk. n Ander bouer is gebruik, maar het ook probleme opgelewer. Daar is geknoei met die bouwerk. Op n dag het br. Willem Prinsloo se gemoed so ontstem geraak dat hy n bietjie nader aan een van die bouers begin staan het. Di het vir sy eie veiligeid n muur opgesoek.

Die gemoedere moes deurentyd gekalmeer word. Die Kerkraad besluit toe om ds. Van der Vyver te vra om die bouwerk oor te neem en die Kerkraad registreer as eienaar-bouer. Ds. Van der Vyver is vrygestel van huisbesoek sodat hy meer tyd kon h om die boubedrywighede te kordineer. Hy is hierin bygestaan deur br. Willem Prinsloo wat ook nie besef het waarvoor hy homself ingelaat het nie. Die kerkraad sou egter hiermee R6 000 kon spaar.

Vir meer as n maand het die werk egter feitlik stilgestaan. Messelaars word gesoek en gevind, maar na n paar dae skrik hulle vir die omvang van die taak en pak weer hulle troffeltjies in. Di aan die stuur van sake moes saam dag na dag na werksmense soek, materiale soek en bestel en die planne uit hulle kop ken om elke dag te wys wat gedoen moes word. Br. Willem moes register hou van al die werkers om hulle lone elke Vrydag reg te h. As daar Maandag een werker nie opdaag nie, dan was dit weer soek, onderhandel en ooreenkomste aangaan.

Toe kom die lastige dinge d.w.s die goed waar die vroue se smaak en opinie ook n rol speel: die banke, matte, die kombuis, preekstoel, ens. En smaak verskil nou eenmaal. Die onverklaarbare gebeur keer op keer die vroue wen!

Baie lidmate het gehelp met die bou-proses: so het br. Giel Vermeulen die dakkappe gesweis en opgerig, br. Faan Venter die preekstoel ontwerp en gebou, wyle br. Karel Loots die houtpanele agter die preekstoel opgerig en die nagmaaltafels gemaak, br. Jan van Nieuwenhuizen het die parkeerterrein gelyk gemaak en geteer, br. Leon Mar het die kerkklok geskenk en wyle br. Leon Cromhout die eerste elektroniese toerusting.

Soos ds. Loutjie in Gemeenteblad nommer 7 oor die bouprojek geskryf het:
Ek dink die grootste prestasie is egter dat na al die storm en stryd ek nie weet van iemand wat n aksie of wrok teen my het nie selfs nie Willie nie al het ons mekaar soms vriendelike woorde toegesnou! Willie het my baie gehel, maar hy sal my vergewe as ek s dat ek menige dag my hande vol gehad het om hom in toom te hou. Was dit nie vir my nie het hy beslis die toring van bo-af begin bou!

Die gemeente het tydens die bouery n tydperk van samehorigheid beleef wat ongekend was. Daar was noue samewerking en die lidmate was vuur en vlam. Almal het mekaar geken en van lyf wegsteek was daar geen sprake nie.

Met groot dankbaarheid is die kerkgebou op Sondag 6 Maart 1977 in gebruik geneem. Die diens is waargeneem deur prof. P. J. Coetzee. As eerste koster is wyle br. Chris Kruger aangestel en hy het die pos beklee tot sy dood in Augustus 1994. Die totale boukoste van die kerkgebou het uiteindelik ongeveer R116 000 beloop. In die latere jare van die gemeente is die nagmaaltafel en stoele, asook die doopvont, deur prof. Hennie Bingle handgemaak en aan die gemeente geskenk.


Tienjarige bestaansviering 1983
Die viering word deur Frik en Julia van der Walt in herinnering geroep:
Die heel eerste diens wat ons in hierdie gemeente bygewoon het, was die dag toe die gemeente sy 10-jarige bestaan gevier het. Die kerk en saal was volgepak tot heel agter, met skaars plek vir die spreekwoordelike kerkmuis. Ds. Pieter du Plessis was toe slegs n paar weke leraar in die gemeente.

In daardie tyd:
  • Is daar nog op die tradisionele manier 4 maal per jaar nagmaal gevier, met 8 tot 12 aansitgeleenthede (dink net hoe lank het die diens geduur!).
  • Is die Bybelonderrig-klas (nou Kleuterklas) pas begin die lede van hierdie groep is nou al ongeveer 20 jaar oud!
  • Het ouderlinge en diakens nog op hul plek links en regs voor in die kerk gesit.
  • Het manlike lidmate nog pakke klere gedra, ook in die somer. Niemand sou eers daarvan droom om sy baadjie onder die erediens uit te trek nie. Die susters kon darem al hulle hoede by die huis los.
  • Bydraes is maandeliks deur die diakens by gemeentelede gekollekteer en op stortingsaand by die finansile kommissie inbetaal. Wee die diaken wat nie al sy wykslidmate se bydraes ingesamel het nie. Br. Giel van der Walt sou jou summier stuur om dit dadelik te gaan haal.
  • n Diaken moes die Afkondiger Saterdagoggend op die afrolmasjien dupliseer nadat dit die vorige aand op waspapier getik is. Dit het slegs die een kant van n A5-bladsy beslaan en het buiten die Afkondiger-logo net die tekste vir die 2 eredienste bevat, asook een of twee afkondigings of kennisgewings.
  • Het ons ds. Willem Kotze beroep as tweede leraar, met die opdrag om die lidmate wat in Rooihuiskraal en The Reeds woonagtig was, tot afstigting te lei. Dit het in 1988 plaasgevind.
  • Was oom Chris Kruger die man wat pligsgetrou oop- en toegesluit het, sy ouderdom ten spyt. Hy het die gloeilampe in die saal vervang met n baie lang aluminiumpaal met die rubber van n riool-suier aan die punt. Die paal is opgestoot totdat dit aan die gloeilamp vasgesuig het. Die gloeilamp is dan uitgedraai en stadig na die grond laat sak. Die proses is omgekeerd gevolg om die nuwe gloeilamp in te skroef. Alles netjies uitgewerk kyk maar gerus hoe hoog is die saal se plafon.
  • Het ds. Ferdie Postma en later ook ds. Andr Jansen by die gemeente aangesluit.
  • Het die predikant die aanddiens vanaf die kansel gelei; die orrel het die begeleiding verskaf en was die opkoms redelik klein.
Uit notules van kerkraadsvergaderings
n Paar gebeure, wat vir die jonger geslag seker ongelooflik sou wees, maar wat deel is van die gemeente se geskiedenis, was onder meer:
  • n Vurige debat in die kerkraad oor n suster wat aan die nagmaaltafel kom sit het sonder n hoed.
  • n Broeder en suster wat gemeenskap met die kerk opges het omdat daar nie teen n jong dogter, wat haar been gebreek het en toe met n langbroek kerk toe gekom het , opgetree is nie.
  • n Ouderling wat die kerkraad vermaan het om stigtelik aan te trek n donker pak met sober das sodat hulle meer stigtelik kan wees en nie die aandag van gemeentelede van die preek af trek nie.
  • Daar is genoem dat die gemeente bestaan uit meer kinders as mense.
  • n Ouderling moes toestemming vra om in die banke te sit, aangesien die ligte bokant die kerkraadsbanke hom gehinder het.
Ons beskik voorwaar oor n ryke geskiedenis!
Ons Mense

Skakels

2017 Gereformeerde Kerk Wierdapark.
 
ISO solved - Solve your employee motivation with Business Tools